Die krag van 'n gesin se gebed

Nasionale Biddag vir gesinne: 11 Mei 2020
Die krag van gebed vir gesinne

Jak. 5:16 “Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.”
Toe ons aan die begin van hierdie jaar mekaar die gebruiklike “Voorspoedige Nuwejaar” toegewens het, dink ek nie een van ons sou kon raai waar ons onsself skaars drie maande later sou bevind nie. Alhoewel die grendeltyd baie emosies by ons wek van onsekerheid, verwarring en selfs vrees vir die onbekende, het daar tog ‘n paar positiewe gevolge uitgespruit, veral wat ons deursnee gesinne betref:
1. Ons is tot stilstand geroep en moes noodgedwonge rustiger raak – geen meer gejaag na die volgende hokkie oefening, vergadering of byeenkomste nie.  Dit het ons gelei om meer tyd saam met ons geliefdes deur te bring, hulle werklik in die oë te kyk en sodoende is dieper gesprekke aangeknoop.
2. Ons huishulpe kon ook nie meer inkom nie, en ons moes maar ‘n roetine uitwerk om die skoonmaaktake self te doen. Ons moes saam kosmaak, en in baie gevalle selfs fyn beplan om uit te kom met dit wat ons het.
3. Kreatiwiteit is aan die dag gelê om die tyd vir ons so aangenaam as moontlik te maak.
4. Ons het bewus geword van soveel nood rondom ons en het self so baie na ons eie vriende en familie verlang, dat ons met meer deernis en begrip na al die mense rondom ons begin kyk het.
5. Ons moes met nuwe oë na ons prioriteite kyk.
6. Ek hoop van harte ook dat dit families sover beweeg het om meer tyd rondom die Woord en as gesin saam in gebed deur te bring. (hoe onbeskryflik was hierdie afgelope Paasfees nie vir baie gesinne gewees nie)
Gebed is die kragtigste hulpmiddel en wapen wat ons het. Dit is soveel meér as die paar afgerammelde woorde wat ons vinnig uit pligsbesef opsê voor ons eet of voor ons gaan slaap. Om werklik stil te raak voor die Here, is ‘n kuns wat ons afgeleer het in ons normale gejaagde lewens. Ek praat uit eie ervaring as ek sê dat nou, wanneer ons stil raak is dit ‘n betekenisvolle stilte waarin God se teenwoordigheid aangevoel kan word. Ons luister na die preke wat die predikante vir ons aanstuur, ons lees self uit die Woord en ons beleef iets nuuts wanneer ons vuriglik bid: “Here staan ons asseblief in hierdie vreemde tyd by”
Waarvoor behoort christen gesinne te bid:
1. Kom ons bid eerstens vir ons huwelikke. Huweliksmaats wat saam met en vir mekaar bid, vorm ‘n hegte eenheid en harmonie wat nie deur die vyand uitmekaar geskeur of verslind kan word nie.  Enkelouers kan bid dat die Here hulle as vreeslose leiers sal oprig om hulle kinders te help om op die regte koers te bly.
2. Ons wil ook bid vir ons kinders. Terwyl ons dan nou soveel tyd op hande het, kom ons vra hulle self waarvoor ons vir hulle moet bid. Laat hulle toe om oor hulle emosies en vrese te praat sonder om hulle in die rede te val en sonder om te oordeel.  Hier is vyf dinge waarvoor ons vir ons kinders kan bid:
a. Bid vir wysheid sodat hulle goeie keuses sal maak en altyd sal kies om die regte dinge te doen – veral as die versoekings daar is om die verkeerde te doen.
b. Vir kalmte en geloofsekerheid sodat hulle weerbaar sal wees teen die aanslae van die vyand.
c. Vir hulle skoolwerk en hulle algemene selfontwikkeling – dat hulle kan volhard en fokus op dit wat werklik belangrik is.
d. Vir hulle verhoudings – vir vriendskappe en familiebande. Dit is veral nou relevant waar hulle afgesonder voel van alles en almal.
e. Vir God se guns op hulle lewens en vir ‘n duidelike visie van hulle Godgegewe lewensdoel.
Laastens wil ons ook saam met ons kinders bid vir ander gesinne. Ek wil ons Dameskringlede uitdaag om die volgende leuse in ons gesinne aan te neem: Bid, bemoedig, bemagtig!

Comments